Lied 455

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Here, u skepping gee U eer.
U maak die rooidag wakker.
Stadig sif sonlig saggies neer.
Sterre besing hul Maker.
Saam sing die son en ster u eer,
bring aan U hulde, grote Heer.
Halleluja, ons prys u Naam.

2. Almal op aarde jubel saam,
Prys U met lofgesange.
Kyk net hoe glansryk blink u Naam;
U troon is jubelsange.
Here, u roem is wêreldwyd,
U goedheid bly in ewigheid.
Halleluja, ons prys u Naam.

Geskiedenis

Teks 
Dit is ’n nuwe teks deur CJA Vos 2001 (#167) wat vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer is. Soos dit die geval is met die meeste van sy tekste, is Vos deur die melodie geïnspireer om hierdie teks te skryf, wat handel oor die eer wat die skepping aan God bring en die mense op aarde wat die Here se Naam grootmaak. 

Melodie 
LOBT GOTT DEN HERRN, IHR HEIDEN ALL is gekomponeer deur Melchior Vulpius (#153) vir die anonieme (moontlik deur Joachim Sartorius, c 1548-1600) Epifanie-lied wat gebaseer is op Psalm 117, “Lobt Gott den Herrn, ihr Heiden all”. Die naam van die melodie is van die eerste teksreël afgelei. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in Vulpius se Ein schön geistliche Gesangbuch (Jena, 1609). 

Bronne 
CLBW: 549; e-poskorrespondensie met Cas Vos, 20 April 2016; HC: 756-758; Zahn: #4533.