Lied 454

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Vader, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
U wat heel die skepping onderhou,
U gee son en reën,
ons ontvang u seën.
Heel die skepping wentel om u trou.

2. Jesus, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
Ons is u gemeente hier tesaam.
Hoor ons as ons sing,
U ons loflied bring.
Ons, u vrygekooptes, prys u Naam.

3. Trooster, ons eer U,
ons loof U, ons aanbid U.
Heil'ge Gees, ons is met U gedoop.
U wat rig en lei,
staan ons altyd by.
U versterk ons gees, U gee ons hoop.

Geskiedenis

Teks 
Hierdie lied is gekomponeer deur Donna Adkins in 1976 met die titel “Glorify thy Name”. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in ’n klein boekie wat by ’n pastorekonferensie gebruik is. In 1981 is dit gepubliseer deur Maranatha! Music in die versameling Praise 5. Adkins se teks is na aanleiding van Johannes 7 geskryf. Die Afrikaanse vertaling van die teks is geskryf deur Ruben Lennox. Dit is gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993) en hersien vir opname in die Liedboek (2001). 

Donna Adkins (née Whobrey) (*18 Junie 1940, Louisville, Kentucky) begin om in die openbaar te sing toe sy twee jaar oud was en teen die tyd dat sy 12 was, het sy klavier gespeel in die familie-kwartet. Haar ouers was kerkmusici en rondreisende gospelsangers. Sy studeer aan die Asbury College in Wilmore, Kentucky, en die Universiteit van Louisville, Kentucky, en was op die musiekpersoneel van verskeie kerke. Sy is tans die sekretaresse van die senior pastoor van die Covenant Church van Pittsburg, Pensylvania. Haar Trinitariese lied “Father, we love you” is in verskeie moderne liedbundels opgeneem. 

Ruben J Lennox (*1946) is ’n Afrikaanse “country”-sanger en liedjieskrywer. Hy het sedert 1980 verskeie Afrikaanse treffers geskryf wat opgeneem is deur homself en ander plaaslike sangers. 

Melodie 
GLORIFY THY NAME is gekomponeer deur Donna Adkins in 1976 vir die teks “Father, we love you”. 

Bronne 
CDH; PHH: 807.