Lied 452

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Here, Hemelvader,
liefdevol, genadig,
bron van volkome heil en seën:
Hoor tog ons smeking,
skenk ons vergewing;
net U kan ware hulp verleen.

2. Here Jesus, Redder,
troue, goeie Herder -
U las is lig en sag u juk.
U is sagmoedig
en lei vermoeides
tot vrede, wysheid en geluk.

3. Gees van God, U lei ons,
help, vertroos, bevry ons -
U self tree pleitend vir ons in.
Lei ons gebede,
gee ons u vrede,
volbring die werk deur U begin.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Franse teks “Il est pour le fidèle” is geskryf deur E Mégnin (18181900). Attie van der Colf (#164) het in die 1978-bundel ’n nuwe Afrikaanse teks geskryf: “Here, onse Vader”. Hy het die teks gewysig vir die Liedboek (2001). 

Geen inligting oor Mégnin kon opgespoor word nie. 

Melodie 
O DIEU! NOTRE PÈRE – FM 1936.