Lied 451

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Hemelse Vader, ons bring U eer -
U wat u skepping met wysheid regeer.
Groot is u almag, liefde en trou.
Ons eer u goedheid; op U kan ons bou (x2)

2. Christus, Verlosser, ons bring U eer -
U daal uit liefde as Middelaar neer.
U gee u lewe; U maak ons vry.
Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy (x2)

3. Heilige Gees, aan U al die eer -
U wat gelowiges lei en wil leer.
Rig ons gedagtes, heers oor ons hart.
Gee ons u vrede en troos ons in smart (x2)

Geskiedenis

Teks 
Dit is ’n nuwe teks wat geskryf is deur Jacques Louw (#284) en opgeneem is in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie STILL NEARER is geskryf deur Mrs CH Morris en gepubliseer in Pentecostal Praises deur WJ Kirkpatrick en HL Gilmour in 1898. Dit staan ook bekend as MORRIS. 

Lelia N Morris (née Naylor) (*15 April 1862, Pennsville, Ohio; †23 Julie 1929, Auburn, New York) bring haar kinderjare deur in Malta en McConnelsville, Ohio. In 1881 trou sy met Charles Hammond Morris (vandaar die naam Mrs CH Morris) en saam was hulle aktief in die Methodist Episcopal Church, “camp meetings” (onder meer in Mountain Lake Park, Maryland) en die skryf van liedere. Sy begin om kerkliedere te skryf in die 1890’s. Toe haar sig verswak in 1913, bou haar seun vir haar ’n groot swartbord met buitengewone groot notebalke daarop sodat sy kon aanhou om te komponeer. Alhoewel sy blind was teen 1914 het sy aangehou om liedere te “skryf” en dit dan aan haar dogter te dikteer. Die Revival-sangleier, liedskrywer en redakteur Henry L Gilmour (1836-1920) het haar aangemoedig om liedere te skryf en te publiseer. Sy het meer as 1 000 liedere geskryf onder die naam Mrs CH Morris. Drie van haar “hymns” word vandag nog in sangbundels aangetref: “If you are tired of the load of your sin” (‘Let Jesus come into your heart’), “Nearer, still nearer, close to Thy heart” (Lied 451) en haar mees bekende lied “Jesus is coming to earth again”. 

Bronne 
CDH; Hymnary.org; Osbeck, 1985:17.