Lied 446

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Drie-enig God, aan U die eer
en dank vir u genade.
Soli Deo Gloria.

Geskiedenis

Teks 
Die teks “Drie-enig God, aan U die eer” deur Elsabé Kloppers (#154) wat in die Liedboek (2001) verskyn, is gebaseer op Decius (#392) se “Allein Gott in der Höh’ sei Ehr” uit 1539. 

Melodie 
Die melodie van hierdie lied, ’n driestemmige kanon, is geskryf deur Herbert Beuerle (#187) in 1975/1993. Dit is gebaseer op Decius se melodie van 1539, sien Lied 445. 

Bron 
KLEG: 38-39.