1. Drie-enig God, ons wil U eer
met smeek- en dankgebede:
U skenk in welbehae, Heer,
aan ons u volle vrede.
Geen kwaad kan blywend skade doen,
want ons is nou met U versoen
deur Jesus, onse Here.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
“Allein Gott in der Höh’ sei Ehr” is ’n liedbewerking van die Groot Gloria deur Nicolas Decius (#392). Decius het reeds teen 1522 Protestantse liedere gehad vir enkele gesonge dele van die Katolieke Mis:“Gloria”, “Sanctus” en “Agnus Dei”. Dit is een van die klassieke toonsettings van die Gloria in excelsis Deo in die koraaltradisie. Baie mense hou dit voor as van die oudste liedere van die Duitse Evangeliese kerk. Die gebruik van die Gloria in excelsis Deo (na aanleiding van Lukas 2:14) kom al heel vroeg voor; eers as deel van die Kersfeesmis, later ook in die Misse vir Paastyd en ten slotte as vaste deel van die liturgie. Daar verskyn ’n weergawe van die lied in Platduits in Joachim Slüter se Eyn gantz schone unde seer nutte ghesankBoek (Rostock, 1525). Die lied is ook gepubliseer in Hoogduits in Valentin Schumann se Geistliche Lieder (Leipzig, 1539).
Eerwaarde J Baumbach (#192) het die lied van Decius in Afrikaans vertaal en dit is gepubliseer in sy bundel, Cantate, wat bedoel was vir gebruik deur die Berlynse Sendinggenootskap (1934). Izak de Villiers (#153) het die Gloria weer vertaal vir die 1978-bundel deur gebruik te maak van Decius en Baumbach se tekste. In die Liedboek (2001) is die vierde strofe van die 1978-weergawe gewysig.
Melodie
Die melodie ALLEIN GOTT IN DER HÖH’ SEI EHR is ook gekomponeer deur Nicolas Decius (#392). Dit is saamgestel uit ’n ou Paas-Gloria (Middeleeus) en wel uit die antwoord van die koor/gemeente op die intonasie van die priester. Die teks lui: ”Et in terra pax.”Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 404.
Bronne
Cillié: 50-51; CGLK: 605-607; HC: 230; HLH: 29, 177.