Lied 442

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Gees van God wat in my woon,
breek die Woord vir my.
Gees van God wat in my woon,
kom en heilig my.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, kom heilig my -
breek die Woord vir my.

2. Gees van God wat lewend maak,
vul my meer en meer.
Gees van God wat lewend maak,
vorm my tot u eer.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, vul my al meer -
vorm my tot u eer.

Geskiedenis

Teks 
Daniel Iverson het die eerste strofe van die lied “Spirit of the living God” geskryf nadat hy ’n preek oor die Heilige Gees gehoor het tydens ’n evangelisasieveldtog deur George T Stephans se Evangelistic Team in Orlando, Florida, in 1926. Die lied is toe gedurende die veldtog gesing en as ’n blaadjie gedruk vir gebruik in ander dienste. Dit is anoniem gepubliseer in Robert H Coleman (1869-1946) se Revival Songs (1929) met geringe wysigings aan die melodie. Hierdie kort lied was reeds baie gewild teen die middel van die 20ste eeu. Sedert die 1960’s is die lied weer regmatig toegeskryf aan Iverson. Die Afrikaanse weergawe van Jacques Louw (#284) is gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Daniel Iverson (26 September 1890, Brunswick, Georgia; †3 Januarie 1977, Asheville, North Carolina) studeer aan die Universiteit van Georgia, die Moody Bible Institute, die Columbia Theological Seminary en die Universiteit van Suid-Carolina. Hy is geordineer in die Presbiteriaanse Kerk in 1914 en bedien gemeentes in Georgia en in Noord- en Suid-Carolina. In 1927 stig hy die Shenandoah Presbyterian Church in Miami, Florida, en dien daar tot met sy aftrede in 1951. As evangelis en as prediker vestig hy sewe nuwe gemeentes gedurende sy bediening in Miami. 

Melodie 
IVERSON is geskryf in 1926 deur Daniel Iverson. Dit is ’n eenvoudige koortjie en soos hier bo vermeld, is geringe wysigings aan die melodie aangebring in Robert H Coleman se Revival Songs (1929). Dit is vernoem na die komponis. 

Bronne 
CDH; PHH: 583-584.