Lied 440

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Die Here salf ons met sy Gees
tot diens en heiligheid -
tot koning, priester en profeet,
tot ware Christen-wees.

2. Die Gees van God bly wonderbaar
voortdurend inspireer -
dat ons met Hom en met mekaar
in liefde kan verkeer.

3. Die Heil'ge Gees gee uit die skat,
deur Christus self verdien -
sy liefde, blydskap, vrede, guns
kom Hy aan ons voorsien.

4. Wie hul laat lei deur God se Gees,
leer iets van Christen-wees -
Hy leer ons bid, getuig en dien
en liefhê sonder vrees.

Geskiedenis

Teks 
Attie van der Colf (#164) het hierdie Pinksterlied geskryf vir die 1978-bundel. Die teks is gewysig in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie ST PETER van Alexander Reinagle uit 1830 word by hierdie lied gebruik. Vir meer inligting sien Lied 264.