Lied 433

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
en laat die oes sing in die reën.
Die boom dra vrugte by 'n stroom
en mense pluk 'n nuwe droom.

2. Kom, Skepper-Gees, versterk geloof,
ons wÍreld is vol brand en roof.
Laat ons u vrede oral stig,
'n vlam wat mense kom verlig.

3. Kom, Skepper-Gees, skenk ons u krag,
vul ons met moed vir elke dag.
Ook wanneer pyn en sorge knaag,
sal ons met ywer werk en waag.

4. U, Skepper-Gees, kom by ons bly,
dring ons om ons aan God te wy.
Leer U ons om met hoop te sug,
ons oë op ons Heer te rig.

Geskiedenis

Teks 
“Kom, Skepper-Gees” is ’n nuwe teks van CJA Vos 2001 (#167) wat vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer is. Volgens die skrywer is dit ’n verwysing na Romeine 8. 

Melodie 
Vir inligting oor die melodie, HERR JESU CHRIST, DICH ZU UNS WEND, sien Lied 155. 

Bron 
E-poskorrespondensie met Cas Vos, 20 April 2016.