Lied 425

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Kyk die Heer het opgestaan - Halleluja
kyk die graf het oopgegaan - Halleluja
Christus het vir ons gesterf - Halleluja
lewe deur sy dood verwerf - Halleluja

2. Kyk die Heer het opgevaar - Halleluja
Hy is by die hemelskaar - Halleluja
Hy heers op die hoogste troon - Halleluja
daar is Hy met eer gekroon - Halleluja

3. Eenmaal sal ons by Hom wees -Halleluja
dan vier ons vir ewig fees - Halleluja
Ons sal voor Hom sing en juig - Halleluja
Hom vir ewig dank betuig - Halleluja

4. Kom laat ons sy Naam besing -Halleluja
Hom ons lofbetuigings bring - Halleluja
Laat ons met ontsag Hom noem - Halleluja
Hom met vreugdesange roem - Halleluja

Geskiedenis

Teks 
“Hail the day that sees him rise” is geskryf deur Charles Wesley (#294) en gepubliseer in sy Hymns and Sacred Poems (1739). Dit word beskou as een van die mees populêre Hemelvaart-tekste onder die Engelse kerkliedere. Thomas Cotterill (#439) het die teks gewysig en sy weergawe is opgeneem in ’n Selection of Psalms and Hymns (1820). Die “Hallelujas”is toegevoeg in George White se Hymns and Introits (1852). Die Afrikaanse teks is geskryf deur Elsabé Kloppers (#154) in 1998 en hersien vir die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie LLANFAIR word toegeskryf aan die Walliese sanger Robert Williams. Sommige historici meen dat dit onseker is of hy wel die melodie gekomponeer het of dit bloot as ’n bestaande Walliese volksmelodie genoteer het. Die melodie was eers genoem BETHEL en verskyn ook onder hierdie titel in Williams se manuskripboek, gedateer 14 Julie 1817. Dit is vir die eerste maal gepubliseer (weer met die titel BETHEL) met ’n harmonisasie deur John Roberts (1807-1876) van Henllan, in die Peroriaeth Hyfryd (Sweet music) (1837) van John Parry (1775-1846). Dit het gou gewild geword en het in verskeie Walliese liedboeke verskyn. Die melodie is geassosieer met die Wesley/Cotterill-teks sedert die publikasie daarvan in The English Hymnal (1906). 

LLANFAIR is ’n algemene Walliese naam, maar sommige geleerdes glo dat die naam van die melodie in hierdie geval verwys na die Montgomery County Village in Wallis waar Williams gebore is. Die volledige woord word as die langste in die Walliese taal beskou: “lanfairpwllgwyngyllgogerychwyrndrobwllllantysiliogogogoch” (Church of St Mary in the hollow of white hazel near the rapid whirlpool of the Church of St Tysillio by the red cave). “Llan” in Kelties beteken “Sint” of “Heilig” en word soms gebruik om ’n kerkdorpie of ’n kerk aan te dui. “Fair” beteken “Maria” en die titel kan dus dui op ’n St Mariakerk of die heilige Maria. As voorvoegsel tot die naam van ’n lokaliteit, kom “Llan” voor in meer as 450 plekke in Wallis. 

Robert Williams (*27 Oktober 1782, Mynydd Ithel, Anglesey, Wallis; †15 Julie 1818, Mynydd Ithel) was ’n blinde mandjiemaker wat sy lewe lank in Mynydd Ithel, Llanfechel op die eiland Anglesey in Noord-Wallis gebly het. Hy het ’n goeie sangstem gehad en was ’n bekwame musikant. Geen verdere inligting kon oor hom gevind word nie. 

Bronne 
CDH; CWH: 179; HCHAM: 545; HC: 177-178; HCLBW: 227-228; Knight: 101; PHH: 548-569.