Lied 418

Sections

Lirieke

Blye môre, blyste van die dae,
dag van die verrysenis -
dag waarop, in God se welbehae,
U oor dood oorwinnaar is!
Heer, U leef, U breek die dood se bande
en laat leef ons deur u offerande.
Lewend kom U by ons staan,
bind ons in gemeenskap saam.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Nederlandse teks van hierdie Paaslied, “Wees gegroet, gij eersteling der dagen”, is geskryf deur Jan Jacob ten Kate (#273). Attie van der Colf (#164) het ’n nuwe teks geskryf vir die 1978-bundel en dit gebaseer op Romeine 6:4-14. Hy het dit hersien en ingekort tot een strofe vir die Liedboek (2001).

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie HERR UND ÄLTSTER DEINER KREUZGEMEINDE, sien Lied 161. 

Bron 
Cillié: 250.