1. Jesus Christus lewe.
Hy gee ons sy vrede,
Hy tree vir ons in.
Honger, naaktheid, lyding –
niks bring ooit weer skeiding,
want Hy het oorwin.
Hoogte, diepte, dood, gevaar,
niks wat ons ooit hier sal ly nie,
kan ons van Hom skei nie.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
“Jesus Christus lewe” is ’n oorspronklike teks wat geskryf is deur Elsabé Kloppers (#154). Dit is gebaseer op Romeine 8:31-39 en vir die eerste maal gepubliseer in die Liedboek (2001).
Melodie
Die melodie JESU, MEINE FREUDE is geskryf deur Johann Crüger (#156) en is opgeneem in sy Praxis Pietatis Melica van 1653 saam met die Duitse teks van Johann Franck (#296), “Jesu, meine Freude” (#495). Die melodie is na die aanvang van hierdie teks vernoem.
Bronne
Cillié: 311-312; HCLBW: 485; PHH: 745-746.