1. Ons loof U, Vader, op die troon!
U Seun het onder ons kom woon.
Hy het u beeld aan ons vertoon.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Die oorspronklike teks “Gelobt sei Gott im höchsten Thron” van Michael Weisse (#378) het verskyn in Ein New Gesangbuchle (1531) van die Boheemse Broeders. GG Cillié (#342) het die lied op Vulpius se melodie, maar met ’n onafhanklike Engelse teks “Good Christians all, rejoice and sing” van Cyril A Arlington (1872-1955), “ontdek” in die veertigerjare van die 20ste eeu in sy soektog na geskikte musiek vir sy kerkkoor in Stellenbosch. Izak de Villiers (#153) het ’n nuwe teks gemaak vir die weergawe in die 1978-bundel en dit is met geringe wysigings opgeneem in die Liedboek (2001).
Melodie
Die melodie GELOBT SEI GOTT IN HÖCHSTEN THRON (ook bekend as VULPIUS) is gekomponeer deur Melchior Vulpius (#153). Dit is ingesluit in Ein schön Geistlich Gesangbuch, darinnen Kirchengesänge und geistliche Lieder D. Martini Lutheri und anderer frommen Christen, so in den christlichen Gemeinden zu singen gebräuchlich begriffen (Jena, 1609) waar dit verbind is met die teks van Michael Weisse “Gelobt sei Gott im höchsten Thron”. Die melodie is ritmies aangepas in die Liedboek (2001).
Bronne
Cillié: 257-258; CGLB: 529-530, 1280-1282; HC: 197-198; HCLBW: 239; PHH: 555-556; Zahn: #283.