Lied 405

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Roem al wat leef die Heer se dag-
die glorie-teken van sy mag!
Bo alle magte is Hy groot,
Hy is oorwinnaar oor die dood.

2. Geen doodse bande kon Hom keer
dat Hy oor sonde triomfeer.
Die leë graf spreek elkeen aan:
Die Lewensvors het opgestaan!

3. Wie met Hom sterf, sal met Hom leef-
ons sondeskuld het Hy vergeef.
Hy leef - ons deel sy heerlik lot:
Hy leef, ons redder en ons God.

4. Aan Hom wat was en is en bly,
word al ons lof en dank gewy.
Verhoog sy Naam en majesteit
en roem Hom tot in ewigheid!

Geskiedenis

Teks 
Die Nederlandse teks, “Herinnert u met vreugd, mijn geest!“ van Ahasverus van den Berg (#198) het verskyn in die Evangelische Gezangen (1806). Dit is gebaseer op ’n gedig van Christian Gellert (#198) uit 1757. Die teks van Ahasverus van den Berg is in Afrikaans vertaal in die AGB (1944) en verwerk vir die 1978-bundel deur Attie van der Colf (#164). Van der Colf het geringe wysigings aan die teks aangebring vir die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie, VOM HIMMEL HOCH DA KOMM ICH HER, sien Lied 336. 

Bron 
Cillié: 252-253.