Lied 389

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Is dit, is dít my Koning
kyk daar, aanskou die Mens!
Is dit, is dÌt sy kroning
wie het dit só gewens?
Is dit sy konings-hulde
dié riet, dié kleed, dié kroon?
Boet Hy só vir my skulde,
word só Gods Seun vertoon!

2. Ja, ek kos Hom die slae,
die smarte en die hoon.
Vir my hang Hy, verlate
en naak, met doringkroon.
Vir my was daardie wonde,
vir my moes Hy daar staan;
Hy moes vir al my sonde
die bitt're kruisweg gaan.

3. O Jesus, Man van smarte,
o Liefde onbegrens,
skryf diep in alle harte
die woord: "Aanskou die Mens!"
O laat my nooit vergeet nie
dié kroon, dié kleed, dié riet!
Geen groter troos in leed nie
dis ook vir my geskied!

Geskiedenis

Teks 
“Is dat, is dat mijn Koning!” is die Nederlandse weergawe van die lydensgebeure van Jan Scharp (#244) wat in die Evangelische Gezangen (1806) gepubliseer is. Die vertaling in Afrikaans wat in die AGB (1944) verskyn het, is naby aan Scharp se oorspronklike teks. Dit is gewysig deur Attie van der Colf (#164) vir die 1978-bundel en is, met geringe wysigings in die tweede strofe, opgeneem in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie HERZLICH TUT MICH VERLANGEN van Hans Leo Hassler, sien Lied 387. 

Bronne 
Cillié: 247-248; CGLB: 1026-1027.