Lied 386

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Jesus, dit wat U moes ly,
bly in my gedagte.
U maak ons van sonde vry,
vry van bose magte.
Deur u bloed is ons verlos;
word ons skuld vergewe.
Angs en dood het dit gekos,
Jesus, Bron van lewe.

2. Aan die kruis het U geroep
in u sterwenslyding,
en dié roep: "Dit is volbring!"
is die blye tyding.
U was vir 'n sondaar borg,
wat langs U gesterf het
neem my in u liefdesorg;
dink aan my ook, Here.

Geskiedenis

Teks 
“Jesu, deine Passion, will ich jetzt bedenken” is die oorspronklike Duitse teks van hierdie lied. Dit is geskryf deur Sigmund von Birken en verskyn vir die eerste keer in die Duitse teoloog en filoloog, Johann Michael Dilherr (1604-1669) se bundel Hertzund SeelenSpeise (Nürnberg, 1663). Hierna is dit ook opgeneem in Johann Saubert (16381688) se GesangBuch (Nürnberg, 1676). Die Afrikaanse weergawe vir die 1978-bundel is gemaak deur Izak de Villiers (#153) en dit is in hierdie vorm in die Liedboek (2001) opgeneem. 

Sigismund von Birken (Birkin) (*25 April 1626, Wildstein, Boheme; †12 Junie 1681, Nürnberg) was die seun van ’n pastor. In 1629, met die uitvaardiging van die Edik van Restitusie wat Boheme weer Katoliek verklaar het, vlug die gesin en vestig hulle in Nürnberg. Hier het hy die Gymnasium bygewoon. Na die dood van sy ouers in 1642 word sy loopbaan bevorder deur die vooraanstaande teoloog, Johann Michael Dilherr. Von Birken is na die Universiteit van Jena om in die regte en teologie te studeer. Hy voltooi egter nie een van die kursusse nie (waarskynlik weens ’n geldtekort) en keer in 1645 terug na Nürnberg. In dieselfde jaar word hy vanweë sy digterlike gawes toegelaat tot die Nürnbergse digtervereniging “Hirten- und Blumenorden” en as ’n digter gekroon. Hy word aangestel as onderwyser van die seuns van die hertog August in Braunschweig en Lüneburg en verhuis na Wolfenbüttel. Hy verlaat die stad na ’n jaar en onderneem studiereise na onder meer Hamburg en Rostock. Hierna keer hy terug na Nürnberg. Hy word tot die adelstand verhef deur keiser Ferdinand III in 1654. Birken skryf meer as 50 geestelike gedigte wat hy in versamelings groepeer en uitgee. Van sy gedigte verskyn onder meer in JM Dilherr se Heilige Charwoche … geistliche Physica … in der Melodey, wie es H.J.M.D. selbst gesetzt (Nürnberg, 1653). 

Melodie 
Die titel van die melodie JESU KREUZ, LEIDEN UND PEIN is afgelei van ’n teks van Petrus Herbert (c 1530-1571). Die melodie is geskryf deur Melchior Vulpius (#153) in verbinding met Herbert se teks en is gepubliseer in Vulpius se Ein schön geistlich Gesangbuch (Jena, 1609). 

Bronne 
Cillié: 222; CWH: 122; HC: 146-147; HCLBW: 214; Hymnary.org; Zahn: #6288a.