1. Voor vorste en die wêreld
lê ‘n figuur verwring.
Dis Israel, die dienskneg,
wat ons Gods wonder bring.
Die menslik onverwagte
het God tot stand laat kom:
net deur sy kneg se neerlaag
kom mense nou tot Hom.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Hierdie nuwe teks van JA (Jimmy) Loader (#310) is gebaseer op Jesaja 52:13 en 53:12. Dit is geskryf in 2000 en nadat die digwerk in die Krugerwildtuin begin is, is dit in September 2000 in Wene voltooi. Die aanleiding tot die teks was ’n gesprekspunt wat toe aktueel was, naamlik die vraag na die kollektiewe of individuele duiding van die Kneg van die Here in die boek Jesaja.
Melodie
Vir inligting oor die melodie IC WIL MI GAEN VERTROESTEN (Antwerpen, 1593) sien Lied 230.
Bron
E-poskorrespondensie met Jimmy Loader, 17 Augustus 2015.