Lied 373

Vers 1

1. U, Jesus, eersgebore Kind,
u lig sou bewe in die wind,
dit flikker in die donker.
U, Jesus, was ‘n klein wit vlam,
U is so weerloos soos ‘n lam
as offer oorgelewer.
Jesus Christus,
U is Here,
ons buig voor U,
hoog verhewe.
U skenk ons u lig en lewe.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

CJA Vos 2001
Wie schön leuchtet der Morgenstern – Philipp Nicolai 1599; ritmies aangepas 2001
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
“U, Jesus, eersgebore Kind” is ’n nuwe teks deur CJA Vos (#167) en verskyn vir die eerste keer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie WIE SCHÖN LEUCHTET DER MORGENSTERN, wat ritmies aangepas is in die Liedboek (2001), sien Lied 372.