Lied 357

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. 'n Kindjie is gebore -
Verlosser is sy Naam.
'n Kindjie is gebore -
oor Hom juig almal saam.

Die engele sing: "Vrede".
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.

2. Hy kom vanuit die hemel -
vir ons word Hy 'n mens.
Hy kom na ons op aarde -
Hy ken ons diepste wens.

Die engele sing: "Vrede".
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.

3. Die Kindjie is besonder -
Hy neem ons sonde weg.
Die Kindjie, die Verlosser -
Hy maak ons lewe reg.

Die engele sing: "Vrede".
Die wyses bring Hom eer.
Met herders in aanbidding,
kniel ons ook voor Hom neer.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks is geskryf deur Walter Rein. Dit is in Afrikaans verwerk deur Attie van der Colf (#164) en in die Jeugsangbundel 2 (1993) opgeneem. Van der Colf het die teks herskryf vir die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie NUN WILL DER LENZ UNS GRÜSSEN verskyn anoniem in die Sammlung von Volksgesängen für der Männerchor (Zürich, 1886), maar daar word gemeen dat dit dalk van Middeleeuse oorsprong is. Dit is aangepas deur Walter Rein. 

Walter Rein (*10 Desember 1893, Stotternheim, Türingen; †18 Junie 1955, Berlyn) was tot met die aanvang van die Eerste Wêreldoorlog onderwyser op die Duitse platteland. Na 1921 studeer hy by Erwin Lenvai en van 1922 tot 1923 komposisie by Richard Wetz in Weimar. Hierna sit hy sy studies voort aan die Akademie vir Kerk- en Skoolmusiek in Berlyn. Vanaf 1925 beklee hy poste as onderwyser in Weimar en later word hy aangestel as professor aan die Opvoedkunde Akademie in Kassel, Frankfurt en Weilburg. Van 1935 tot 1945 is hy professor aan die Akademie vir Kerk- en Skoolmusiek in Berlyn. Daarna werk hy vryskut tot met sy dood. Sy werk word veral beïnvloed deur sy kontak met die Jeugmusiekbeweging in Weimar. In die Labeda-singbeweging bemoei hy hom veral met mannekore. Sy eie skeppings is in volksliedstyl. 

Bron 
KLEG: 251.