Lied 356

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. (I) Ons het gehoor die Hemelheer
(II) Ons het gehoor die Hemelheer
(I) daal as 'n Kind na ons toe neer.
(II) daal as 'n Kind na ons toe neer.

(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Hy maak ons lewe vry.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Loof Hom met harte bly.

2. (I) Laat ons tot eer van Christus sing,
(II) Laat ons tot eer van Christus sing,
(I) wat ons na God, die Vader, bring.
(II) wat ons na God, die Vader, bring.

(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Hy maak ons lewe vry.
(I) Christus, die Here,
(II) vir ons gebore!
Loof Hom met harte bly.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks “Uns wird erzählt von Jesus Christ” is geskryf deur Kurt Rommel (#162) in 1967 en gepubliseer in III Kinderlieder zur Bibel. Die Afrikaanse weergawe (vier strofes) van Emma Badenhorst (#175) is in die Jeugsangbundel 2 (1993) opgeneem. Die teks is verkort tot twee strofes in die Liedboek (2001). Slegs strofes een en vier is behou. 

Melodie 
Die melodie deur Kurt Rommel (#162) is in 1967 geskryf en word aangedui as wisselsang tussen twee groepe.