Lied 355

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Al was ek nie daar nie -
ek weet dit is waar:
die krip en Maria
met die Kindjie by haar.
Dis of ek die engel
die boodskap hoor bring
van Jesus se vrede,
wat harte laat sing.

2. Al was ek nie daar nie -
ek weet dit is sÛ:
Die herders en wyses
het dit eerste geglo.
En deur al die jare
bou Jesus sy kerk -
Die Gees en die Woord
kom geloof in ons werk.

Geskiedenis

Teks 
Die anonieme kinderlied “Away in a manger” is vir die eerste keer gepubliseer in die Lutherse versameling Little Children’s Book for Schools and Families (Philadelphia, 1885). Die teks word soms sonder enige gronde toegeskryf aan Martin Luther. Dit verskyn in James R Murray (1841-1905) se Dainty Songs for Little Lads and Lasses (Cincinatti, 1887) saam met die melodie CRADLE SONG. Daarin word dit aangedui as “Luther’s cradle hymn” met die voorletters JRM in aanhalingstekens aan die regterkant van die opskrif. Dit het tot die groot verwarring gelei. In werklikheid is die teks nie in Duits vertaal tot 1934 nie. Charles Hutchinson Gabriel (1856-1932) publiseer die teks ook as anoniem in sy Vineyard Songs (Louisville, 1892). 

“Away in a manger” is vir Sing onder mekaar (1989) in Afrikaans vertaal deur Attie van der Colf (#164). Die teks is net so oorgeneem in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie CRADLE SONG is geskryf deur William Kirkpatrick en is gepubliseer as een van sewe Kersliedere in ’n pamflet getiteld Around the World with Christmas: A Christmas Exercise (Cincinnati, 1895). 

William James Kirkpatrick (*27 Februarie 1838, Duncannon, Pennsylvania; †20 September 1921, Philadelphia, Pennsylvania) studeer musiek by sy vader en verskeie ander onderwysers. In 1855 verhuis hy na Philadelphia en sluit aan by die Wharton Street Methodist Church. Hy versamel “camp meeting songs” wat in Devotional Melodies (Philadelphia, 1859) gepubliseer is. Hy was ’n “fife major” gedurende die Civil War en na afloop van die oorlog wy hy sy lewe toe aan kerkmusiek en word die musiekdirekteur van die Grace Methodist Church in Philadelphia. Hy versamel ongeveer 100 “gospel songs” waarvan sommige gepubliseer is deur die Praise Publishing Company in Philadelphia waarvan hy die president was. 

Bronne 
CWH: 87-88; Colquhoun: 62; HC: 54-55; PHH: 324, 501-503.