Lied 332

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. God se liefde, so oneindig,
sien die nood van sondaars raak,
en God stuur vir hul die Christus
wat van sondaars kinders maak.

2. Jesus wys ons hoe sy liefde
liefdeloosheid kan oordek
en in harde menseharte
deernis en geloof kan wek.

3. Heer, ons leef steeds soveel kere
of u liefde ons nie raak
en vergeet van al u goedheid
wat van ons u kinders maak.

4. Tot U, Here, klink ons lofsang -
oor u liefde wil ons sing
en ons wil u liefdesboodskap
oor die aarde uit laat kring.

Geskiedenis

Teks 
Die teks is geskryf deur Hannes van der Merwe (#219) en vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie LOVE DIVINE deur sir John Stainer is oorspronklik geskryf vir die teks “Love Divine, all loves excelling” van C Wesley (#294) en het verskyn in die 1889 Supplement tot die 1875-uitgawe van Hymns Ancient and Modern. Daar bestaan twee ander melodieë wat dieselfde naam dra deur Nuttall en Zundell, maar Stainer s’n is by verre die gewildste. 

John Stainer (*6 Junie 1840, Southwark, Londen; †31 Maart 1901, Verona, Italië) ontvang sy eerste musieklesse van sy vader, ’n skoolmeester. Hy het vinnig vordering gemaak. Hy sing vanaf 1848 tot 1856 in die koor van St Paul’s Cathedral. In 1856 besoek die geestelike Frederick Oakely (#345) St Paul’s Cathedral en hoor hoe Stainer improviseer op die orrel. Oakely bied hom die pos as orrelis van die College van St Michael in Tenbury aan. As toonaangewende musikus van die Victoriaanse era beklee hy verskillende orrelposte: Magdalen College (1860-1872); University College (18611872) en St Paul’s Cathedral (1872-1888) waar hy John Goss (#203) opgevolg het. Stainer studeer ook aan die Universiteit van Oxford (1872-1888) waar hy later professor in musiek geword het. Ander belangrike poste wat hy beklee het, was as dirigent van die Royal Choral Society en hoof van die Royal College of Music. In 1888 word hy tot ridder geslaan. Hy tree ook op as redakteur van die Church Hymnary (1888) en mederedakteur van Christmas Carols (1871). Stainer het heelwat kerkmusiek geskryf waaronder 150 kerkliedere wat as Hymn Tunes (1901) gepubliseer is. Sy bekendste werk is egter die kantate “The Crucifixion” (1887). Hy sterf tydens ’n besoek aan Italië. 

Bronne 
CDH; Colquhoun: 232-233; Knight: 9-10; PHH: 263-264.