Lied 331

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Want so lief het God die wêreld gehad,
die wêreld gehad,
dat Hy sy enigste Seun,
sy enigste Seun,
sy enigste Seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo, in Hom glo,
nie verlore sal gaan nie, maar
die ewige lewe, die ewige lewe sal hê.

Geskiedenis

Teks 
Die teks van Lied 331 is gebaseer op Johannes 3:16. 

Melodie 
Die melodie WANT SO LIEF is gekomponeer deur Chris Lamprecht (#248) in 1971 en in Sing onder mekaar (1989) en die Liedboek (2001) gepubliseer.