Lied 325

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Uit oorvloed van genade
het Jesus eens verskyn.
verlossing vul die aarde,
die duister moet verdwyn!
Die Here God se dag breek aan -
ons leef nou in sy lig.
Ons mag vol hoop weer opstaan;
sy glans op ons gesig.

2. Uit oorvloed van genade
sal Jesus wéér verskyn.
Dan kom die nuwe aarde,
bevry van smart en pyn.
Die Here God se dag breek aan
vol heerlikheid en krag -
sy kinders sal dan opstaan,
erkentlik voor sy mag!

Geskiedenis

Teks 
“Uit oorvloed van genade” is ’n nuwe teks wat Johan Cilliers (#161) vir die Liedboek (2001) geskryf het. 

Melodie 
Die melodie WIE SOLL ICH DICH EMPFANGEN is geskryf deur Johann Crüger (1653). Vir ’n bespreking van die melodie sien Lied 324.