Lied 321

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. U het gekom, Immanuel,
u volk verlos, u Israel.
Ons was in sondeslawerny
U het gekom, U maak ons vry!

Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!

2. U Christus, spruit van Isai,
kom ons u lig en vrede gee!
U was in Betlehem 'n kind;
die herders het U daar gevind.

Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!

3. U, Vredevors, Immanuel,
U heers oor ons, u Israel.
Ons was in sondeslawerny
nou sal ons ewig by U bly!

Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons: Immanuel!

Geskiedenis

Teks 
Vir meer inligting oor die herkoms van die teks, sien Lied 320. Die gedig is in Afrikaans verwerk deur Izak de Villiers (#153) en het verskyn in die 1978-bundel. Dit is gewysig in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie VENI EMMANUEL, sien Lied 320. 

Bronne 
Cillié: 164-165; HCLBW: 134-135.