Lied 316

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

(I) Kom seën en beskerm ons nou,
(II) God Vader, Seun en Heil'ge Gees.
(III) Amen

Geskiedenis

Teks
“Es segne und behüte uns”is die oorspronklike teks van hierdie Duitse seënbede. Die Afrikaanse weergawe is deur Elsabé Kloppers (#154) geskryf en vir die eerste keer gepubliseer in Liedboek (2001).

Melodie
Hierdie driestemmige kanon is geskryf deur Hermann Stern in ongeveer 1960.

Hermann Stern (*8 November 1912, Abetifi, Ghana; †9 Januarie 1978, Hohen- gehren, Esslingen) was die seun van ’n sendelingpaar uit Basel, Switserland. Sy skool- tyd en onderwyseropleiding ontvang hy in Heilbronn. Hy studeer verder aan die Württembergischen Hochschule für Musik in Stuttgart onder Herman Keller (1885- 1967). In 1936 word hy orrelis van die Martinskirche in Ebingen, Württemberg. Hierna volg ’n lewenslange verbintenis met kerkmusiek as sangleier, mentor vir die Jugendgesangbuch (1949), medewerker by die samestelling van die Evangelisches Gesangbuch en as musiekdirekteur van die Landeskirche in Württemberg. Stern was die uitgewer van praktykgerigte blaser-, koor- en gesangboeke en het ook baie verwerkings van kerkliedere gemaak.

Bron
KLEG: 312.