Lied 311

Sections

Lirieke

1. Voorganger: Dit wat ons hier ontvang het
gaan deel ons verder uit.
Gemeente: Dit wat ons hier ontvang het
gaan deel ons verder uit.
Voorganger: Ons gee ons hele lewe uit
dankbaarheid.
Gemeente: Ons gee ons hele lewe uit
dankbaarheid.

2. As ons van hier af gaan, Heer,
laat U ons nie alleen.
As ons van hier af gaan, Heer,
laat U ons nie alleen.
U het ons reeds belowe, U sal ons seën.
U het ons reeds belowe, U sal ons seën.

Geskiedenis

Teks
Die oorspronklike Duitse teks van hierdie lied is “Wenn wir jetzt weitergehen”. Dit is geskryf deur Kurt Rommel (#162) in 1967. Die Afrikaanse weergawe vir die Liedboek (2001) is deur Elsabé Kloppers (#154) geskryf.

Melodie
Die melodie is ook geskryf deur Kurt Rommel in 1967. Vir ’n bespreking van die melodie sien Lied 162.