Lied 304

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Voor U kom ons, u kinders staan -
gered, verlos in Jesus Naam.
U maak ons tot u diens bereid
om U te eer uit dankbaarheid.

2. U wat ons roep, U is getrou.
Ons wil gehoorsaam op U bou.
Regeer ons lewens deur u Gees -
só kan ons waarlik diensbaar wees.

3. Laat, Heer, u seën op hul daal,
u guns uit Sion hul bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor hul gebied.

4. Laat, Heer, u seën op hom daal,
u guns uit Sion hom bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
Wil, Heer, u seën oor hom gebied.

5. Laat, Heer, u seën op haar daal,
u guns uit Sion haar bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
wil, Heer, u seën oor haar gebied.

Geskiedenis

Teks
Jacques Louw (#284) het in 2001 die eerste twee strofes van hierdie lied geskryf. In die Liedboek is dit aangevul met ’n derde strofe deur JD du Toit (Totius) (#249) (1937) wat ook apart by Lied 268 voorkom.

Melodie
Die melodie wat hier gebruik word, is GENEVAN 134 (Genève, 1551):“Or sus, serviteurs du Seigneur”. Dit is geskryf deur Loys Bourgeois. Vir meer inligting sien Lied 268.