Lied 300

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees!
Nee, U is self die gasheer - dis ˙ fees!
U gee Uself aan ons hier by die dis
waar brood en wyn vir ons u tekens is.

2. Sterk ons geloof en
laat ons hart verlang
om wat U bied, ten volle te ontvang.
Ons is verheug,
o opgestane Heer,
dat ons vrymoedig met U mag verkeer!

3. U gee ons deel, Heer Jesus, aan u bloed;
U wil ons met u eie liggaam voed.
U bloed is waarlik drank u liggaam brood
U laat ons met U een word in u dood.

4. Bind U ons saam,
ons wat u tafel deel
en maak ons as u liggaam ÈÈn geheel.
één brood word hier gebreek,
één Naam bely
één volk is ons wat in u liefde bly!

Geskiedenis

Teks
Die oorspronklike teks “Come risen Lord” is geskryf deur George Briggs. Die teks het vir die eerste keer verskyn in die oorspronklike uitgawe van die Britse liedboek Songs of Praise (Londen, 1925). Hierin is dit getoonset op die melodie BIRMINGHAM. Die teks is vertaal en verwerk deur Andr. Hugo (#282) en WD Jonker (#186) in die 1978-bundel. Die lied kom ook voor in die Nuwe Sionsgesange (1994). Die teks is
effens gewysig in die Liedboek (2001).

George Wallace Briggs (*14 Desember 1875, Kirkby, Nottinghamshire; †30 Desember 1959, Hindhead, Haslemere, Surrey) is opgelei aan die Emmanuel College in Cambridge en was ’n bekende 20ste-eeuse kerkliedskrywer. Hy was ’n geestelike in die Church of England. Briggs bedien ’n aantal gemeentes en was ’n kapelaan in die Royal Navy vanaf 1902 tot 1909. Hy was ook vikaris van St Andrew’s, Norwich (1909-1918); rektor van Loughborough (1918-1934); domheer van Leicester Cathedral, 1927-1934); en domheer van Worcester Cathedral (1934-1956). Briggs was besonder geinteresseerd in die bevordering van betekenisvolle aanbidding in skole en skryf met hierdie doel Prayers and Hymns for Junior Schools (1928, 1933). Hy lewer ook bydraes tot die Songs of Praise (1925, 1931) en publiseer ’n keur uit sy werke in Songs of Faith (1945). Hy was die redakteur van Hymns of the Faith (1957) wat vir gebruik van die Worcester Cathedral bedoel was. Hy was een van die stigterslede van die Hymn Society of Great Britain and Ireland. Van sy bekendste liedere sluit in “Come risen Lord”, “Christ is the world’s true Light”, “Now is eternal life” en “Our Father, by whose servants”.

Melodie
Die melodie BLACKBIRD LEYS is geskryf deur Peter Cutts vir die teks “Come risen Lord” van Briggs. Die melodie is vernoem na ’n arm woongebied in Oxford.

Peter Warwick Cutts (*4 Junie 1937, Birmingham) het studeer aan die King Edward’s School, Birmingham. Nadat hy nasionale diensplig verrig het, sit hy sy musiekstudies voort aan Clare College, Cambridge, en behaal ’n BA (1961). Voorts studeer hy teologie aan die Mansfield College, Oxford, waar hy ’n BA-graad in 1963 verwerf. Hy onderrig musiek aan die tegniese kollege in Huddersfield en die Oastler School of Education (1963-1968). In 1968-1989 was hy dosent en opsigter aan die Bretton Hall College, Wakefield, Yorkshire. Hy tree vroeg af in 1989 en verhuis na Boston, Massachusetts, waar hy direkteur van musiek van die Andover-Newton School of Theology (1989-2005) was en terselfdertyd opgetree het as musiekdirekteur van verskeie kerke. Met sy aftrede in 2005 keer hy terug na Huddersfield.

Cutts komponeer sowat 133 kerkliedmelodie. waarvan 91 in liedboeke 179 of soortgelyke publikasies verskyn het. Hiervan is BRIDEGROOM, BIRABUS, WYLDE GREEN en TRINITY die bekendste.