1. Brood en wyn is tekens
van ons Heer se dood.
Hy is vir ons almal
lewensbrood.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Die teks “Bread is blessed and broken” is geskryf deur John Bell (#166) en Graham Maule in 1988. Die Afrikaanse weergawe wat in die Liedboek (2001) verskyn, is geskryf deur Andries Breytenbach (#151).
Graham Alexander Maule (*24 September 1958, Glasgow) is opgelei aan die Macintosh School of Architecture van die Universiteit van Glasgow (BArch, 1975-1980) en aan die Edinburgh College of Art (MA, beeldhoukuns, 2000-2002). Maule word ’n jeugwerker vir die Ruchill Church, Glasgow (1980-1982) en die Anderston Kelvin- grove Church, Glasgow (1982-1983). Vanaf 1983 tot 1986 is hy ’n jeugwerker van die Iona Community (#166), Glasgow. In 1986 word hy ’n raadgewer vir die Wild Goose Resource Group, Iona Community, Glasgow. Maule het voortgegaan as deeltydse dosent aan die Leith School of Art, Edinburgh (1996-2003), die Universiteit van Edinburgh (2003-2004) en die Edinburgh College of Art (2003). In 2003 skryf hy in vir ’n PhD in beeldhoukuns. Hy is die medeskrywer, saam met John Bell, van meer as 250 liedere en liedtekste wat in bundels gepubliseer is en deur die Iona Community uitgegee is. Die eerste een was Heaven Shall Not Wait (1987). Verdere volumes volg in 1988 en 1990.
Melodie
Die melodie is geskryf deur John Bell (#166) in 1988.
Bronne
CDH; www.Iona.uk.org