Lied 290

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Dit is my troos dat ek gedoop is,
dat ek gedoop is in u Naam,
want deur die doop is ek verseker
dat U in guns U nooit nie skaam
as Vader, Seun en Heil'ge Gees
om ook my God genoem te wees.

2. Dit is my troos dat U as Vader
Uself in trou aan my verbind
en dat U in u milde liefde
my neem as erfgenaam en kind;
dat U die kwaad van my wil weer
of anders tot my beswil keer.

3. Dit is my troos dat U, Heer Jesus,
as Seun my deur u bloed wil was;
dat U my inlyf in u sterwe
en vrymaak van my sondelas;
dat U my met U Ûp laat staan
en op 'n nuwe weg laat gaan.

4. Dit is my troos dat U vir ewig,
o Heil'ge Gees, in my wil woon.
U wil my heilig en steeds voller
die beeld van Christus laat vertoon.
So maak U tot my eiendom
als wat ek reeds besit in Hom.

Geskiedenis

Teks
“Dit is my troos” is ’n oorspronklike gedig wat oor die doopformulier handel. Dit is geskryf deur WD Jonker (#186) en vir die eerste maal gepubliseer in die 1978-bundel. Die teks is sonder wysigings oorgeneem in die Liedboek (2001).

Melodie
O DASS ICH TAUSEND ZUNGEN HÄTTE van Johann König (1738) dien as melodie vir hierdie lied. Vir meer inligting sien Lied 196.

Bron
Cillié: 497.