Lied 285

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. O God, so groot in heerlikheid,
vergeef ons klein geloof.
Beklee ons met standvastigheid,
aan U ten volle toegewy -
ons leef om U te loof,
ons leef om U te loof.

2. O God so groot in heerlikheid,
U roep ons ook vandag.
Gee ons ook nou gehoorsaamheid -
U krag vir ons 'n werklikheid.
Gee ywer elke dag,
gee ywer elke dag.

Geskiedenis

Teks
“Dear Lord and Father of mankind” is geskryf deur John Whittier, ’n Amerikaanse Kwaker- digter en skrywer. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in die Atlantic Monthly (April 1872) en daarna in Whittier se The Pennsylvania Pilgrim, and Other Poems (Boston, 1872). Hierdie gewilde lied is afkomstig uit Whittier se gedig “The brewing of Soma” waarin dit die slot van die gedig is. Soma is ’n drankie wat deur die Indiane gebrou is en ’n staat van religieuse waansinnigheid laat onstaan het – dit was ’n poging om gemeenskap met ’n godheid te kon ervaar. In hierdie gedig trek hy ’n parallel met die opwekking van emosies in Christelike aanbidding deur musiek, seremonies, ensovoorts. Whittier lê klem op die outentieke gees van die Christelike religie en die Kwaker-ideale van eenvoud, kalmte en stilte. Die Afrikaanse teks wat in die Liedboek (2001) opgeneem is, is geskryf deur Hannes van der Merwe (#219).

John Greanleaf Whittier (*17 Desember 1807, Haverhill, Massachusetts; †7 Sep- tember 1892, Hampton Falls, New Hampshire) stam uit ’n Kwaker-familie en het op ’n plaas gewerk tot hy twintig was. Sy eerste gedigte is gepubliseer in die Newburyport Free Press in 1825. Hy word ’n joernalis en in 1836 aangestel as redakteur van die Pennsylvania Freeman wat baie ten gunste van die anti-slawernybeweging was. In 1840 gaan hy na Amesbury, Massachusetts, en later na Oak Knoll, Danvers. Whittier skryf heelwat toewydingspoësie en hieruit is 50 liedere saamgestel. Die bekendste hiervan is “Dear Lord and Father of Mankind”.

Melodie
REPTON is ’n melodie van sir Hubert Parry (#210). Dit het sy oorsprong in die kontralto- aria “Long since in Egypt’s plenteous land” uit sy oratorium Judith, wat geskryf is vir die Birmingham Festival in 1888. In 1924 het George Gilbert Stocks (1877-1960), musiekdirekteur van die Repton School in Derbyshire, die aanpassing daarvan ge- maak vir die teks “Dear Lord and Father of mankind” toe hy dit opgeneem het in die “Supplement of tunes” vir die Hymnbook wat in die kapel van die skool gebruik is.

Bronne
CDH; Colquhoun: 222-223; CUMH: 857; HC: 248.