Lied 283

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Ons kom, o Vader, vir ons land
om vrede by U pleit.
Solank die vlam van haat bly brand,
is vrede self 'n stryd.
Wil deur u Gees ons lei, genees
in u geregtigheid.

2. Lei, Vors van vrede, op u weg
h˙l wat oor ons regeer,
dat hul met insig en met reg
u opdrag hier hanteer
gelei deur U, bewaar deur U,
getroue Opperheer.

Geskiedenis

Teks
“Waarom bly nasies altyd woel” is ’n oorspronklike gedig deur Attie van der Colf (#164) wat in die 1978-bundel opgeneem is. Dit is in 2001 deur hom gewysig na “Ons kom, o Vader, vir ons land” vir publikasie in die Liedboek (2001).

Melodie
Macbeth Bain komponeer BROTHER JAMES’ AIR oorspronklik vir ’n teks (moontlik sy eie?) op Psalm 23: “The Lord’s my shepherd, I’ll not want”. Die melodie is vir die eerste keer gepubliseer in sy bundel The great peace: being a New Year’s greeting … (1915) en vernoem na die komponis wat ook as Brother James bekend gestaan het.

James Leith Macbeth Bain (*21 November 1860, Peltshire, Skotland; †19 Septem- ber 1925, Liverpool, Engeland) was ’n Skotse mistiese skrywer, digter en spirituele geneser. Hy is gebore in ’n toegewyde Christelike gesin, maar het op ’n tydstip die Christelike geloof begin bevraagteken. Hy herwin egter ’n mistieke geloof met die hulp van die Christo Theosophic Society. In 1881 studeer hy in die kunste in Edinburgh en bekwaam hom daarna as predikant aan die Edinburgh Free Church College en die Edinburgh Established College. Hy stig die Brotherhood of Healers en hy en sy volgelinge sing dikwels vir hulle pasiënte gedurende behandelingsessies. Hy staan onder sy volgelinge as Brother James bekend. In die laaste jare van sy lewe werk hy meesal in die krotbuurte van Liverpool. Hy publiseer ’n boek oor heling getitel The Brotherhood of Healers in 1906.

Bronne
Cillié: 99-100; CWC: 202; HC: 645; HCLBW: 479-480; Hymnary.org; PHH: 300.