Lied 281

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons hulp en krag.
As die nag se kleed ons sluier,
bly ons steeds u heil verwag.
Ons Bevryder, ons Bevryder.
U, die God van ons behoud.
U, die God van ons behoud.

2. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons sorg en stut.
As die toekoms ons bekommer,
sal U, Here, ons beskut.
Ons Beskermer, ons Beskermer.
U, die God wat ons behoed.
U, die God wat ons behoed.

3. Lei ons, Here, groot en magtig,
U alleen ons borg en steun.
As die donker ons laat steier,
vind ons rus by U alleen.
Ons Bewaker, ons Bewaker.
U, die God wat ons bewaar.
U, die God wat ons bewaar.

Geskiedenis

Teks
Dit is ’n oorspronklike teks van CJA Vos (#167) wat vir die melodie CWM RHONDDA geskryf is. Dit is vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer.

Melodie
Vir meer inligting oor die melodie CWM RHONDDA, sien Lied 280.