Lied 278

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Hoor ons bid, o Heer;
hoor ons bid, o Heer
Verhoor tog ons gebed en gee ons vrede.
Amen.

Geskiedenis

Teks
Die teks van hierdie responsgebed is afgelei van Psalm 143:1. Die laaste frase is geneem uit die afsluitingsgedeelte van die antieke liturgiese teks Agnus Dei en word gevolg deur “Amen”. Alhoewel daar geen bewys voor is nie word dit aangeneem dat die komponis van die melodie, George Whelpton, hierdie teksfrases gekies het toe hy die gebedskoortjie in 1897 gekomponeer het. Die lied is vir die eerste keer op ’n traktaat gepubliseer en later het dit verskyn in die Hymnal for American Youth (1924), wat deur Henry Augustine Smith (1874-1952) saamgestel is. Die Afrikaanse weergawe in die Liedboek (2001) is gemaak deur Elsabé Kloppers (#154).

Melodie
Die melodie WHELPTON is gekomponeer deur George Whelpton, waarskynlik in 1897 toe hy die kopiereg daarvan geregistreer het. Dit het die naam van die komponis as titel. Dit is in die The Church Hymnal (New York, 1915) gepubliseer as Respons 2 met die anonieme teks “Hear our prayer, o Lord”. Dit is ritmies aangepas in die Liedboek (2001). George Whelpton (*17 Mei 1847, Hibaldstow, Lincolnshire, Engeland; †22 No- vember 1930, Oxford, Ohio) verhuis saam met sy familie na die VSA in 1851. Hy sluit aan by die Union-weermag in 1863 en doen diens as ’n assistentapteker gedurende die Burgeroorlog. Hy studeer waarskynlik aan die Lake Chautauqua School of Music, maar geen vaste bewyse hiervoor bestaan nie. Teen 1880 was hy ’n musiekonderwyser in Wooster (Ohio) en in 1884-1908 verskyn sy naam op die lys van musiekonderwysers in Buffalo, New York. Hy was waarskynlik al van 1881 af die direkteur van die Lafayette Avenue Presbyterian Church in Buffalo en behou die pos tot ongeveer 1897. Whelpton verhuis na New York City in 1903 om die redakteur te word van die Century Publishing Company. Een van sy groot redaksionele projekte was die publikasie van The Church Hymnal (1915). Hy was ook die redakteur van Hymns of Worship and Service (1916). In 1916 sluit hy aan by die personeel van die A Barns Publishing Company. Hy werk daar tot met sy aftrede in 1925 toe hy hom vestig in Oxford, Ohio.

Bronne
CDH; Hymnary.org; PHH: 800.