Lied 276

Sections

Lirieke

1. Leer ons om in eie oë
klein te wees voor U, o Heer,
diep bewus van onvermoë
om u Naam opreg te eer.
Maak ons nederig en stil
om te lewe soos U wil.

2. Daar is by ons soveel weerstand,
teen u wil, u Woord, o Heer.
Ons bied soveel kere teenstand,
wil ons nie deur U laat leer.
Skep in ons 'n nuwe gees;
laat ons U gehoorsaam wees.

Geskiedenis

Teks
Die oorspronklike Nederlandse teks “Zalig, zalig, niets te wezen” is geskryf deur Jodocus van Lodenstein (#231). Dit is verwerk deur Abraham Rutgers (#151) vir die Evangelische Gezangen (1806). GBA Gerdener (#157) het dit in Afrikaans vertaal vir Die Nuwe Halleluja (1931) en EC Pienaar (#250) het die teks verwerk vir die AGB (1944). Die teks is gewysig deur Gerjo van der Merwe (#151) in die 1978-bundel en weer deur Andries Breytenbach (#151) in 2001.

Melodie
Vir meer inligting oor die melodie, KOMM, O KOMM DU GEIST DES LEBENS, sien Lied 251.

Bronne
Cillié: 420; HCLBW: 499-200.