Lied 274

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Leer my soos Henog met U wandel
en deur geloof U te behaag.
Leer my om tot u eer te handel
totdat die nuwe mÙre daag.
DiÈ wat U aanhang, op U steun,
is in die gees, Heer, met U één.

2. Want Henog het in donker dae
met U gewandel, trou en waar.
Hy't U geken en sonder klae
u leiding, koers en wil aanvaar.
Tot aan die einde van my pad,
wil ek só wandel; u hand vat.

Geskiedenis

Teks
Izak de Villiers (#153) skryf hierdie teks vir die 1978-bundel. Dit is gebaseer op Ge- nesis 5:24 en Hebreërs 11:5-6. Hy hersien dit weer vir opname in die Liedboek (2001).

Melodie
Vir meer inligting oor WER NUR DEN LIEBEN GOTT LÄSST WALTEN van Georg Neumark sien Lied 273.