Lied 270

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Son van die geregtigheid,
skyn in hierdie donker tyd.
Laat u strale uitsig bring
in die nag wat ons omring.

Ontferm U, Heer.

2. Son van ons geregtigheid,
toon u mag, u majesteit.
Laat u strale ons genees;
maak ons een van hart en gees.

Ontferm U, Heer.

3. Maak ons oÎ oop, o Heer,
vir diÈ wat u Woord ontbeer.
Raak ons onrein lippe aan,
dat ons in u diens kan staan.

Ontferm U, Heer.

4. Breek deur elke donker poort
met die ligglans van u Woord.
Maak dit lig, verdryf die nag;
bring die dag waarop ons wag.

Ontferm U, Heer.

Geskiedenis

Teks
“Sonne der Gerechtigkeit” is ’n ou Latynse himne (4de tot 9de eeu) wat in die 17de en 18de eeue deur die humaniste gewysig en in die Breviarum Romanum (Rome, 1632) opgeneem is onder pous Urban VIII. Dit is gebruik vir vesperdienste tydens die Paas- fees. Die Afrikaanse teks in die Liedboek (2001) is geskryf deur Andries Breytenbach (#151). Dit is gebaseer op Maleagi 4:2.

Melodie
SONNE DER GERECHTIGKEIT (ook bekend as MENSCH ERHEBT DEIN HERZ ZU GOTT) was oorspronklik ’n 15de-eeuse volkswysie met die teks “Der reich Mann war geritten aus”. Dit kom voor in bundels uit Boheme (1467) en Nürnberg (1556). Die melodie is dus ’n kontrafak. Dit is vir die eerste keer oorgeneem as ’n geestelike lied deur die Boheemse broeders se Kirchen Geseng (Ivanĉice, 1566) wat in der waarheid die derde uitgawe was van Johann Horn se Gesangbuch der Brüder inn [sic] Behemen und Merherrn (Nürnberg, 1544) met die teks “Mensch, erheb dein Herz”. Vir hierdie liedboek was Petrus Herbert, Johannes Geletzky en Michael Tham die redakteurs. Die titel SONNE DER GERECHTIGKEIT is die aanvang van die Duitse teks wat vandag algemeen met die melodie geassosieer word.

Die Boheemse Broeders was die voorgangers van die Morawiërs. Hulle oorsprong gaan terug na die Tsjeggiese Hervormer Jan Hus (c 1369-1415). Hulle produseer ’n aansienlike aantal liedboeke vanaf die 16de eeu, dalk reeds in 1501, nog voor die Lutherse boeke. Johann Horn en Michael Weisse (1480-1534) was van die belangrikste digters en melodieskrywers. Die melodieë van die Morawiese en Lutheraanse tradisies raak later vermeng in een Duitse erfenis en het invloed op mekaar gehad. SONNE DER GERECHTIGKEIT is ’n voorbeeld hiervan.

Bronne
CWH: 168-169; HC: 167-168, 506-507; Hymnary.org; PHH: 452-453.