Lied 250

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Gods wet vra al ons liefde
vir Hom, ons God en Heer,
en liefde vir ons naaste
dis wat sy Woord ons leer.

2. O Heer, wil dan u liefde
ook deur ons openbaar,
dat ons mekaar mag liefhÍ
en sÛ u wet bewaar.

3. Veral omdat die tye
ons dringend daartoe maan:
Die Heer se koms is naby,
dis tyd om op te staan.

4. Laat ons die werke aflÍ
in duisternis verrig
en vir die stryd gereed maak
met wapens van die lig.

5. Laat ons welvoeglik lewe,
geheilig deur die Gees,
beklee met U, Heer Jesus,
gekruisig na die vlees.

Geskiedenis

Teks
Die teks is geskryf deur EC Pienaar en E Hartwig en gepubliseer in die AGB (1944): “Die som van Gods gebooie”. Die teks is gewysig deur Gerjo van der Merwe (#151) vir die 1978-bundel. Dit is ook gewysig vir die Liedboek (2001).

EC Pienaar (1882-1949) was ’n bekende professor in Afrikaans aan die US, kultuur- leier en medewerker aan die AGB (1944).

Pastoor E Hartwig was leraar van die Rynse Sendinggemeente op Carnarvon. Hy het langer as 10 jaar aan die samestelling van die Sionsgesange (Worcester, 1947) gewerk.

Melodie
DIE SOM VAN GODS GEBOOIE is nuut gekomponeer deur PK de Villiers vir die teks van Pienaar en Hartwig in die AGB (1944).

Pieter Kuyper de Vos (PK) de Villiers (*16 September 1874, Caledon; †17 Desember 1949, Kaapstad) is deur sy vader Rocco de Villiers (#258) opgelei en was vanaf 1894 orrelis en musiekonderwyser in Richmond. Hier is hy ook die leier van ’n blaasorkes. Na ’n kort periode waartydens hy waargeneem het vir sy vader in die Paarl sit hy sy studies voort aan die Royal Academy of Music in Londen. Tydens sy studietyd hier verower hy medaljes vir orrelspel in 1899 en 1900. Hy word een van die eerste Suid- Afrikaners wat die diploma as Associate of the Royal Academy of Music ontvang en in Januarie 1900 word ook die diploma van die Royal College of Organists aan hom toegeken. Met sy terugkeer gee hy musiekonderwys in Stellenbosch. In 1903 gaan hy weer na Engeland om verder te studeer. In 1904-1910 is hy werksaam in Worcester waar hy die stigter en dirigent van die amateurblaasorkes sowel as die Philhamonic Society was. Hy was ook orrelis van die NG Kerk daar en verwerf bekendheid as musiekonderwyser en orrelis. Hy tree ook op as orreladviseur en wy agt nuwe orrels in. Hy besoek Engeland vir ’n derde keer. Met sy terugkeer in Januarie 1911 vestig hy hom in Bloemfontein waar hy orrelis van die NG Kerk en musiekonderwyser was. Na Junie 1912 raak hy ook betrokke by die Normaal- en Politegniese Kolleges, die Grey Universiteitskollege en verskeie skole. In Oktober 1922 onderneem hy weer ’n reis na Engeland en Duitsland. Na sy terugkeer, word hy in Januarie 1923 aangestel as musiekinspekteur van die Kaaplandse Onderwysdepartement. Tot met sy aftrede in April 1935 woon hy in Kaapstad, maar na ’n tussenpose in Caledon keer hy in Junie 1939 terug na Worcester. Onder sy bekende leerlinge tel die komponiste PJ Lemmer (1896-1989) en S le Roux Marais (1896-1979). ’n Erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word in 1944 aan hom toegeken as erkenning vir die baanbrekerswerk wat hy as musiekonderwyser en komponis vir musiek in Suid-Afrika gedoen het. Spesiale melding is ook gemaak van die melodieë wat hy vir die psalms en gesange geskryf het. Sy komposisies sluit talle instrumentale en vokale werke in.

Bronne
Cillié: 75; CKE; Malan I: 341-343.