Lied 234

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Ontferm U, God, ontferm U, hoor my klag.
Teen U alleen, teen U het ek gesondig.
Here, voor U, voor U is ek onwaardig.
Ek is verblind, verlam deur sondemag.
Maar grote God, U wek in my berou.
Here, my God, U het my skuld vergewe.
Net deur u guns kan ek op U vertrou.
By U is rus, U is die bron van lewe.

Geskiedenis

Teks
“Ontferm U, God” is ’n oorspronklike teks van CJA Vos (#158) wat vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer is. Volgens Vos het die melodie hom aangespreek en het hy dit geskik geag vir ’n klaaglied. Die skrywer en letterkundige, Piet Roodt, was van mening dat die teks eintlik ’n gedig geword het.

Melodie
Die melodie GENEVAN 51 vir die psalmteks “Misericorde au povre vicieux” word by hierdie teks gebruik. Dit verskyn vir die eerste keer in die Octante trois pseaumes (Genève, 1551) en word toegeskryf aan Loys Bourgeois (#151).

Bronne
E-poskorrespondensie met Cas Vos, 20 April 2016; Hymnary.org