1. Diep, o God, diep neergeboÎ,
staan ons voor u hoÎ reg
in volslae onvermoÎ.
Hoe word ooit ons saak besleg?
Waar ons voor U skuldig pleit,
o volmaakte Heiligheid,
werk U met u Gees versoening
deur die Heiland se voldoening.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Rhijnvis Feith (#157) is die digter van die oorspronklike teks: “Diep, o God! in’t stof gebogen” wat in die Evangelische Gezangen (1806) verskyn het. ’n Afrikaanse vertaling verskyn in die AGB (1944). Die teks is gewysig deur Attie van der Colf (strofes 1, 2 en 4) (#164) en Gerjo van der Merwe (strofe 3) (#151) vir die 1978-bundel. In die Liedboek (2001) het Van der Colf die teks gewysig en verkort tot twee strofes.
Melodie
Vir meer inligting oor die melodie GENEVAN 42, sien Lied 231.
Bron
Cillié: 132-133.