Lied 228

Vers 1

Halleluja (x8)

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Inligting oor die lirieke van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Tradisioneel Suid-Afrika, opgeteken deur George Mxadana.
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks
Dit is ’n tradisionele lied uit Suid-Afrika. Dit is opgeteken deur George Mxadana.

Thangana Krila Gobingca George Kamxadana (*1948, Soweto, Johannesburg) word groot in ’n township-gemeenskap waar musiek ’n deel van die alledaagse lewe uitmaak. Deur middel van sy betrokkenheid by die kerk ontwikkel hy vroeg reeds ’n liefde vir kerkmusiek en koorsang.

Sy musiekbelangstelling is verder gefokus op die Mbaqanga-, Kwela- en Marabi- genres. Hy studeer aan die Londen-gebaseerde Royal School of Music en verwerf ’n Graad VIII-diploma. Gedurende hierdie studies bemeester hy die fluit en tree later op saam met die destydse SAUK Simfonie-orkes as solis in die fluitkonsert van Carl Stamitz (1745-1801) onder die dirigent Edgar Cree. Mxadana is die stigter van die Imilonji KaNtu Choral Society (1982) en word hoog geag in die koorgemeenskap vir prestasies wat hy met hierdie koor bereik het. Hulle het twee keer ’n SAMA gewen en wyd getoer in die buiteland: Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk, Noorweë, Maleisië, die Reunion-Eilande, Zimbabwe, Botswana, Swaziland, Kanada en die VSA. Plaaslik het die koor ook by verskeie belangrike geleenthede opgetree, soos die stigting van die Congress of South African Trade Unions, die inseëning van aartsbiskop Desmond Tutu en die inhuldigingseremonies van president Nelson Mandela en president Thabo Mbeki. Die koor het ook opgetree tydens die Rugby- wêreldbeker in 1995 en die Africa Cup of Nations in 1996. Mxadana was die eerste swart voorsitter van die Internasionale Eisteddfod of South Africa. Hy is ook die voorsitter van die Old Mutual/Telkom National Choir Festival en lid van verskeie musiek- en kultuurorganisasies in Suid-Afrika. Mxadana se liefde vir kerkmusiek lei daartoe dat hy ook ’n leidende rol in die liturgiese musiek van die Wêreldraad van Kerke speel. Tans is Mxadana die musiekdirekteur van die Imilonji KaNtu Choir in Soweto. Hy is ’n vooraanstaande dirigent, komponis en verwerker en dien op verskeie rade in die gemeenskap. Die Orde van Ikhamanga (silwer) is in 2008 deur die president aan hom toegeken vir sy uitstaande bydrae in musiek en die ontwikkeling van koormusiek in Suid-Afrika.

Bronne
www.jjmc.org/arrangers.html; hymnary.org