Lied 210

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Prys God, Hy is groot;
prys God, Hy is sterk;
die ganse heelal
vertel van sy werk.
Oor aarde en hemel
strek sy majesteit.
Prys alles wat lewe
sy Naam wÍreldwyd.

2. Prys God, Hy is groot;
prys God oor sy mag;
loof Hom met simbaal
en prys sÛ sy krag.
Loof Hom met die snare,
met harp en met fluit.
Sing almal wat lewe,
kom jubel dit uit.

Geskiedenis

Teks
Die teks van hierdie lied is geskryf deur Elsabé Kloppers (#154) in 1998 en gepubliseer in die Liedboek (2001). Dit is gebaseer op Psalm 150.

Melodie
Die melodie LAUDATE DOMINUM (die Latynse woorde van die aanvang van Ps 150) is ’n aanpassing van die slotkoor uit Hubert Parry se anthem “Hear my Words ye people” – ’n werk wat hy gekomponeer het vir ’n feesgeleentheid van die Salisbury Diocesan Choral Association in 1894. Dit is ’n geïnspireerde melodie deur ’n groot komponis wat baie selde in die kerk gekom het, maar sommige van die beste kerkliedmelodieë van die laat-Victoriaanse era geskryf het. Die melodie is ingesluit in die tweede bylaag tot Hymns Ancient and Modern (1916).

Sir Charles Hubert Parry (*27 Februarie 1848, Bournemouth; †17 Oktober 1918, Worthing, Sussex) begin komponeer op die ouderdom van agt. Sy vader, ’n beskerm- heer van die kunste en ’n skilder van formaat, was gekant teen ’n musiekloopbaan vir sy seun en Hubert werk gevolglik vir Lloyds Register in die stad vir ’n aantal jare. Hy kry uiteindelik sy sin en begin met ’n musiekloopbaan. Hy studeer by George Elvey (#202) aan die St George’s Chapel, Windsor, en verwerf ’n BMus-graad. Hy sit sy studies voort by Henry Hugh Pierson (1815-1873) aan die Exeter College, Oxford, in 1867 en behaal ’n BA-graad in 1870. Hy het orrel gespeel in sy jeug, maar nooit ’n kerkorrelis geword nie. Sy sterkpunt was komposisie en hy volg John Stainer (1840-1901) op as professor in musiek aan Oxford. Hy was ’n begaafde onderwyser wat hoë musikale en akademiese standaarde gestel het. Onder sy leerlinge tel Arthur Somervell (1863- 1937), Walford Davies (1869-1941) en Samuel Coleridge-Taylor (1875-1912). Parry word deur George Grove (1820-1900) genooi om te help met die samestelling van die Dictionary of Music and Musicians. In 1894 volg hy Grove op as direkteur van die Royal College of Music. Hy word ook aangestel as professor in musiek aan die Oxford- Universiteit (1900-1908). Parry is tot ridder geslaan in 1898 en word ’n baron in 1905. As een van die toonaangewende musici van sy tyd het hy nie net gekomponeer nie, maar ook invloedryke boeke oor musiek geskryf, insluitend ’n biografie oor JS Bach. Hy was ’n ywerige komponis en ’n bekwame melodieskrywer.

Bronne
AAH: 190-191, 313; CDH; Colquhoun: 28-29; HC: 239-240; Knight: 10-11; PHH: 632-633.