Lied 195

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. U, o God, wat ewig op die troon is,
aan U al die lof en eer.
Voor U, wat met majesteit gekroon is,
buig ons in aanbidding neer.
U is Heer, U heers oor alle magte,
U regeer oor duisende geslagte.
U kom toe die heerlikheid
tot in alle ewigheid.

2. Christus, voor U kniel die hele aarde,
want die hemel buig hul neer.
U, die Lam, is alle eerbied waardig;
U kom toe die dank en eer.
Deur u offer waarborg U die lewe;
deur u bloed word al ons skuld vergewe.
Ons sal aan U eer bewys -
U vir ewig loof en prys.

Geskiedenis

Teks
Andries Breytenbach (#151) het hierdie nuwe teks geskryf en dit is opgeneem in die Liedboek (2001).

Melodie
HERR UND ÄLTSTER DEINER KREUZGEMEINDE was aanvanklik ’n volksmelodie. Dit is van ’n geestelike teks voorsien in Herrnhut vóór 1740. Christian Gregor (#161) het dit in 1784 gepubliseer. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 161.