Lied 190

Vers 1

1. Grote God, aan U die eer!
Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit;
heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou,
U is ewig en getrou.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Großer Gott, wir loben dich – Lüneburg 1668; Wenen 1776; Leipzig 1819. Diskant: Chris Lamprecht 1986 ©
Ignaz Franz 1719-1790; Attie van der Colf 1978 ©
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks
Die Duitse teks van Ignaz Franz staan ook bekend as die Te Deum Laudamus en ver- skyn in die Katolisches Gesangbuch (Wene, 1774) wat op die versoek van keiserin Maria Theresa (1717-1780), ’n toegewyde Katoliek, saamgestel is. Die Te Deum Laudamus (vierde eeu) is ’n klassieke teks van die kerk en is vermoedelik geskryf deur Niceta van Remisiana (#191). Dit dien as bron vir baie liturgieë en word soms uitgebrei deur verse en response. Dit word gebruik in alle tradisies binne die Christendom: Oosters, Katoliek en Protestants. Attie van der Colf (#164) het dit in Afrikaans vertaal en dit is vir die eerste keer gepubliseer in die 1978-bundel. Die teks is onveranderd opgeneem in die Liedboek (2001).

Ignaz Franz (*12 Oktober 1719, Protzan, Pole; †19 Augustus 1790, Breslau) was ’n Katolieke priester en rektor van die priesterseminarium in Breslau. Na sy teologiese studies word hy as priester gewy in Olmütz/Mähren. Hy werk as sielesorger in Silesië totdat hy in 1776 tot rektor van die priesterseminarium in Breslau beroep word, waar hy oorlede is. Vir Katolieke gebruik publiseer hy tussen 1766 en 1778 verskeie gesangboeke wat oorwegend uit sy liedtekste bestaan. Die belangrikste een verskyn in 1778 in Breslau met die titel Allgemeines und vollständiges Catolisches Gesangbuch. Franz skep ongeveer 350 liedere – die bekendste daaronder is “Wir werfen uns darnieder” (nie in die Liedboek opgeneem nie). Die liedmatige omdigting van die oudkerklike Te Deum behoort tans tot een van die kernliedere van die ekumeniese Duitsprekende Christendom.

Melodie
Die anonieme melodie GROSSER GOTT, WIR LOBEN DICH se vroegste bron is ’n bun- del wat uit 1668 (Lüneburg) dateer. Verskeie weergawes van die melodie ontstaan in die 18de en 19de eeu. Die melodie kom ook voor in die Katolisches Gesangbuch, auf allerhöchsten Befehl Ihrer K.K. apost. Majestät Marien Theresiens zum Druck befördert (Wene, 1774). Die melodie is ook gepubliseer in die Katechismus Gesänge für die Jugend (Wene, 1779). Die weergawe in die Liedboek (2001) het as bron die Allgemeines Choralbuch für Kirchen, Schulen, Gesangvereine, Orgel­ und Pianofortespieler vierstim­ mig gesetzt von Johann Gottfried Schicht (Leipzig, 1819). Die melodie is ook bekend as HURSLEY (’n verkorte weergawe), FRAMINGHAM, HALLE en TE DEUM.

Bronne
Cillié: 60-61; HCLBW: 544; Hymnary.org; KLEG: 97; PHC: 460; www.liederlexikon.de