Lied 187

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

(A) Loof, loof die Here,
(B) bring Hom dank en ere!
(C) Loof Hom, loof Hom, loof
(D) Hom, die Heer.

Geskiedenis

Teks
Die teks “Lobe den Herren alle, die ihn ehren” is geskryf deur Paul Gerhardt (#165) en het in Crüger se Praxis Pietatis Melica (1653) verskyn. Elsabé Kloppers (#154) het die Afrikaanse weergawe in die Liedboek (2001) versorg.

Melodie
Herbert Beuerle het die melodie geskryf (1967/1990) na aanleiding van die melodie LOBET DEN HERREN, ALLE DIE IHN EHREN (sien Lied 156) wat in Johann Crüger (#156) se Praxis Pietatis Melica (1653) verskyn het. Beuerle se melodie kan gesing word as ’n vierstemmige kanon.

Herbert Beuerle (*28 April 1911, Düsseldorf; †13 Februarie 1994, Gelnhausen) ontvang sy eerste vioollesse aan die Stadskonservatorium in Düsseldorf. Onder Kurt Beer, kerkmusikant van die Johanneskirche, leer ken hy as orkesspeler die kantates en ander kerkmusiek van JS Bach, GF Handel en F Mendelssohn-Bartholdy. Van 1932 tot 1937 studeer hy aan die kerkmusiekskool in Berlyn, onder andere by Hugo Distler (1908-1942) en Ernst Pepping (1901-1981). In 1937-1939 werk hy as orrelis en koorleier in die gemeentes van Bergfelde en Hohen Neuendorf in die noorde van Berlyn. Hy gee ook privaat musiekles en studeer musiekpedagogiek aan die Berlynse Musikhochschule. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog veg hy meesal aan die oostelike front. In ’n Russiese krygsgevangenekamp maak hy instrumente, komponeer en voer Singspiele op. Vanaf November 1949 werk hy as kerkmusikus in Dassel (Niedersachsen) en as rondreisende kantor van die vrykerklike Christlichen Sängerbund. Van 1952 tot met sy aftrede was Beuerle kantor in die Burckhardthaus in Gelnhausen. Beuerle word bekend as komponis van talryke praktyk-georiën- teerde werke soos motette, koraalsettings en instrumentale werke vir onder meer blaasinstrumente. Sy kerkliedmelodieë en talryke kanons is in vele hedendaagse gesangboeke opgeneem soos in die Katolieke bundel Gotteslob (1975), Evangelisches Gesangbuch (1993), Evangelisch­reformierten Gesangbuch (1998) en die Katolisches Gesangbuch (1998) van Switserland. Sy verbintenis en belangstelling in die ontwik- keling van sang spreek onder meer uit sy voortdurende samewerking en bydraes tot byeenkomste van teksskrywers en komponiste en as medewerker aan die kitaarboek van die Evangeliches Gesangbuch.

Bron
KLEG: 38-39.