Lied 180

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Eer aan die Vader en die Seun
en die Heilige Gees,
soos dit was aan die begin, toe en so ook
nou, en van ewigheid tot ewigheid. Amen.

Geskiedenis

Teks
Hierdie lied staan ook bekend as die klein Gloria. Dit is in die 16de eeu nog gebruik as afsluiting van die Nunc Dimittis en verskeie weergawes was in omloop. Die Afrikaanse weergawe is deur Elsabé Kloppers (#154) en gepubliseer in die Liedboek (2001).

Melodie
Die melodie is afgelei van die Gregoriaanse gelyksang “Gloria Patri”. Die eerste weer- gawes met teks en melodie saam afgedruk, verskyn in die Christlichen Ordnung (Soest, 1532), Kirchen Ordnung (Pommern, 1535) en Kirchen Ordnung (Pfalz-Zweibrücken). Die vereenvoudigde melodie soos dit in die Liedboek (2001) staan, is geneem uit die Agenden Kern (Beiere, 1856).

Bronne
LEG: 9-10.