Lied 179

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. (A) Vader in die hemel,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.

2. (A) Jesus Christus, Redder,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.

3. (A) Heil'ge Gees, ons Trooster,
(B) U beheer ons lewe,
(C) ons aanbid U.

Geskiedenis

Teks
Die oorspronklike teks, “Father, I adore you”, is geskryf deur Terrye Coelho-Strom. Dit is in die styl van die talle sogenaamde “praise choruses” uit die laaste deel van die 20ste eeu. Coelho-Strom verduidelik dat sy die teks en die melodie in 1972 geskryf het “while driving a car and worshipping God”. Die lied is vir die eerste keer uitgevoer, gepubliseer en opgeneem in die Calvary Chapel, Costa Mesa, Kalifornië in 1972. Die Afrikaanse weergawe is deur Elsabé Kloppers (#154) en gepubliseer in die Liedboek (2001).

Terrye Coelho-Strom (*1952, Camp Roberts, CA) het in 1971 tot bekering gekom en haar aangesluit by die Calvary Chapel in Costa Mesa, Kalifornië. Sy word ook ’n sanger vir Maranatha! Music. Sy is opgelei aan die Arizona State University en was ook deel van ’n mediese assistent-opleidingsprogram in Anaheim, Kalifornië. Coelho- Strom is ’n liedjieskrywer en tuisteskepper. Sy het baie lirieke geskryf waarvan die meeste ongepubliseer is.

Melodie
Die melodie is geskryf deur Terrye Coelho-Strom in 1972. Dit is ’n driestemmige kanon (aangepas). Die melodietitel MARANATHA lei terug na die Aramese uitdrukking wat beteken “Kom, o Here” of “Die Here het gekom”. “Maranatha” was ’n belangrike uitdrukking in die vroeë kerk (1 Korintiërs 16:22 en Openbaring 22:20). Dit is ook die naam van die Christelike musiekuitgewer Maranatha! Music, wat begin het as ’n bediening by die Calvary Chapel.

Bronne
Hymnary.org; PHH: 427-428.