Lied 171

Vers 1

1. Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer.
Eng’le in die hemel
buig hul voor Hom neer.
Here, hoor my bede,
hoor my as ek sing,
en aan U, my Vader,
al my hulde bring.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Heilig, heilig, heilig – Duits 1827; Johan Cilliers 1993 / 2001
Franz Schubert 1827, uit Deutsche Messe D872
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks
“Heilig, heilig, heilig” sluit aan by die Sanctus-teks uit die misordinarium. Die Duitse teks is geskryf deur Johann Philipp Neuman. Johan Cilliers (#161) se Afrikaanse teks is in Jeugsangbundel 2 (1993) opgeneem en met geringe wysigings oorgeneem in die Liedboek (2001).

Johann Philipp Neumann (*27 Desember 1774, Trebitsch, Morawië; †3 Oktober 1849, Wene) was ’n Oostenrykse fisikus, bibliotekaris en digter. Hy studeer aan die Universiteit van Wene en in 1803 word hy aangestel as professor in fisika aan die plaaslike Lyceum. In 1806 word hy aangestel aan die Universiteit van Graz waar hy in 1811 die rektor word. In 1815 word hy professor aan die Politegniese Instituut in Wene waar hy tot met sy aftrede in 1844 werksaam was. Neumann was die grondlegger van die biblioteek van die Instituut in 1816 en direkteur daarvan tot 1845.

Neumann was ’n liberale kerkman en was ten gunste van eenvoudige kerkmusiek wat die wydste moontlike gemeentes kan bereik. Hy skryf tekste vir agt kerkliedere en ’n vertaling van die Ons Vader. In 1826 gee hy ’n opdrag aan sy vriend Franz Schubert om die Deutsche Messe te komponeer.

Melodie
Die melodie is geneem uit die Deutsche Messe (D 872, 1827) van Franz Schubert.

Franz Peter Schubert (*31 Januarie 1797, Himmelpfortgrund, Wene; †19 Novem- ber 1828, Wene) is seker die beste bekend vir sy liedere, maar skryf byna 1 000 werke tydens sy kort leeftyd. Naas die simfonieë, liedere, werke vir klavier en kamermusiek, skryf hy ook ses misse waarvan die Deutsche Messe die bekendste is, veral weens die beroemde “Sanctus” wat deel van die koorrepertorium geword het en in verskeie kerkliedbundels opgeneem is.

Bronne
www.gutenberg.spiegel.de; Hymnary.org