Lied 333

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. A) Groot is die Heer, groot is die Heer
B) só sing my siel oor God my Saligmaker
C) Groot is die Heer, groot is die Heer
D) só juig my gees oor my Verlosser.

Magnificat, magnificat,
magnificat anima mea Dominum.
Magnificat, magnificat,
magnificat anima mea.

Diskant: Groot die Here,
groot die Here,
sing my siel oor God, my Heer,
sing my siel oor God, my Heer.

Magnificat,
magnificat
anima mea Dominum,
anima mea Dominum.

Geskiedenis

Teks 
Hierdie teks vir die Magnificat (Lofsang van Maria) het sy oorsprong in die Taizégemeenskap. Die Afrikaanse weergawe is geskryf deur Louwrens Strydom (#174) en gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993). Dit is onveranderd opgeneem in die Liedboek (2001). Die teks is gebaseer op Lukas 1:46-49. 

Melodie 
Die vierstemmige kanon is geskryf deur Jacques Berthier (#181).